
=====================================================================
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Nederlandistiek kongresse aan die Kaap

Chris van der Merwe en Francois Smith doen onderskeidelik verslag oor die kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek en 
'n oorlogsimposium.

In die wintervakansie is twee kongresse aan die Universiteit van Kaapstad gehou wat albei te make gehad het met die band tussen Afrikaans 
en Nederlands. Die SAVN het sy driejaarlikse internasionale kongres hier gehou van 7-11 Julie, en op 13 en 14 Julie is 'n simposium gehou 
oor Afrikaanse en Nederlandse oorlogsliteratuur.

Daar was 62 sprekers op die kongres van die SAVN, verteenwoordigers van feitlik al die universiteite in Suid-Afrika, sowel as akademici uit 
Nederland, Belgi, Duitsland en Itali. Drie en 'n half dae is intensief lesings gehou, geluister en gedebatteer oor die Nederlandse letter- 
en taalkunde.

Die verhouding tussen Afrikaans en Nederlands was herhaaldelik ter sprake, onder andere in die lesing van Eep Francken,   dosent aan die 
Universiteit van Leiden. Francken het vertel van die onlangse besluit om 'n meerdelige nuwe Nederlandse literatuurgeskiedenis te publiseer. 
Die twee hoofredakteurs is proff. A.M. Musschoot   van Gent en A.J. Gelderblom   van Utrecht: dit sal 'n gesamentlike projek van 'n groot 
aantal deskundiges uit Nederland en Vlaandere wees, en die skrywers sal deur vier adviesgroepe bygestaan word. Skrywers sal vir 'n jaar van 
hul gewone werkverpligtinge vrygestel kan word, en in di tydperk sal die Nederlandse Taalunie hulle salaris betaal.

Francken het daarop gewys dat Afrikaans as 'n onafhanklike taal van Nederlands beskou word en dat die Afrikaanse literatuur dus nie in di 
literatuurgeskiedenis behandel sal word nie. Desondanks, in die lewendige bespreking wat op die lesing gevolg het, is die moontlikheid 
genoem dat Afrikaanse skrywers wat 'n noue band met Nederland en die Nederlandse literatuur gehad het, soos Elisabeth Eybers, N.P. van Wyk 
Louw en Peter Blum, ook in die literatuurgeskiedenis betrek kan word.

Die Afrikaanse taal was en is die fokuspunt van baie navorsing deur Nederlandse geleerdes. Fritz Ponelis,   hoogleraar aan die Universiteit 
van Stellenbosch, het in sy lesing gewys op die baanbrekende navorsing oor Afrikaans deur D.C. Hesseling,   vroer hoogleraar in Leiden. 
Baie dekades lank het Hesseling, met sy boek Het Afrikaans, gepubliseer in 1899, die debat oor die geskiedenis van Afrikaans in Suid-Afrika 
bepaal. Hesseling het klem gel op die beduidende invloed van die sogenaamde "Maleis-Portugees", die omgangstaal van die slawe aan die 
Kaap, op die ontwikkeling van Afrikaans. Hierdie standpunt van Hesseling het hom by baie Afrikaanse taalkundiges ongewild gemaak, maar 
vandag besef ons in watter groot mate hy gelyk gehad het.

'n Ondersoek wat ook die aandag getrek het, was di van Joep Kruijsen   van die Universiteit van Nijmegen, in samewerking met Karin van 
Lierop,   voorheen van dieselfde universiteit, na oorblyfsels van Nederlands wat nog in Namakwalandse Afrikaans bestaan, maar uit 
Standaardafrikaans verdwyn het. 'n Mens kan dit seker nie genoeg beklemtoon nie: Afrikaans is in Afrika gevorm, maar hy het ook sy wortels 
in die Nederlande -- in di taal word twee vastelande verbind.

Die Universiteit van Kaapstad se Departement van Afrikaans en Neerlandistiek se simposium oor die helende funksie van literatuur vir 
oorlogstraumas kan die kiemsel wees van 'n debat wat broodnodig is vir die geestesgesondheid van 'n land wat gebuk gaan onder die nagevolge 
van trauma. Hierdie simposium was egter om nog 'n rede merkwaardig: dit was 'n ernstige bemoeienis van Suid-Afrikaners (spesifiek 
Afrikaners) en Nederlanders met mekaar se wonde.

Vanselfsprekende gespreksgenote is die twee taalgroepe nie. Nederland se opskorting van die gesprek met Suid-Afrika vanwe apartheid is 
welbekend, maar Lina Spies   het met die verhaal van die Duitse weeskinders van 1948 aangetoon hoedat die Tweede Wreldoorlog, wat so 'n 
duidelike merk op die Europese psige gelaat het, die geleentheid was waar die Afrikanerdom sy rug op sy Nederlandse verlede gedraai het en 
Duitsland gedealiseer het. Tussen Afrikaner en Nederlander l ook 'n oorlogswond.

Kan letterkunde die psigiese wonde van 'n oorlog genees? Vir die Bloemfonteinse sielkundige Pieter Rossouw   is dit gevestigde praktyk. Hy 
gebruik tekste om die dop wat 'n pasint om hom gebou het, laag vir laag af te skil. Op grond van identifikasie met sekere temas en beelde 
herken die pasint homself en kan hy/sy 'n eie verhaal verwoord.

Dit is egter ten opsigte van die verwoording van trauma of die onmoontlikheid van verwoording wat in die gesprek tussen Nederlandse en 
Afrikaanse letterkundiges en skrywers verdere nuanses en vrae ontbloot het. Die twee taalgroepe het mekaar ook op 'n insiggewende wyse 
aangevul, want Nederlanders is reeds feitlik 'n halfeeu verwyder van die oorlog, terwyl van die Afrikaanse simposiumgangers gevoel het die 
wond van die grensoorlog is nog te rou; dit kan nou selfs skadelik wees vir die psige om met die trauma gekonfronteer te word.

Uit die Nederlandse perspektief is daar vrae gevra oor die moontlikheid van taal om oorlogservarings met onwetendes te deel. Die taal van 
die trauma was immers van 'n gans ander wreld. "Die hel l buite taal," s die duiwel aan die komponis Leverkhn in Thomas Mann se Doktor 
Faustus.

Dit het uit Rolf Wolfswinkel   van die Universiteit van Kaapstad se bespreking van die werk van die Nederlandse skrywer Armando geblyk dat 
die afstand van 45 jaar die filosofiese insig bring dat die mens se grootste vyand altyd hy self is. Waar die vyand kort na die oorlog 
onomwonde 'n Duitser was, het hy algaande minder Duits en meer bloot 'n mens geword. Daar is geen morele vergiffenis in 'n Christelike sin 
moontlik nie, want dader en slagoffer is een -- ewe skuldig en onskuldig.

Die Afrikaanse perspektief is ingelui deur Alexander Strachan   se stelling dat die grens vir die meeste mense 'n onwerklikheid was en 
steeds is. Dit is steeds moeilik om nader aan die werklikheid daarvan te kom -- so moeilik as wat dit vir ma's was om iets van die 
werklikheid af te lei uit die sand wat hulle uit hul seuns se uniforms geskud het. Konstant van Huyssteen van die UK het verwys na 'n 
genstitusionaliseerde vergeetagtigheid wat die sweer in die psige soos 'n roof bedek.

Chris van der Merwe   se verwoording van die moontlikhede van die letterkunde bied 'n verbreding van Pieter Rossouw se   aanwending van 
tekste: die skrywersverbeelding skep alternatiewe moontlikhede tot die traumatiese werklikheid. "Ek wil verlos word van my werklike self en 
opgaan in 'n spel van al my moontlike selwe," het hy die skrywer Marlene van Niekerk   aangehaal.

Die grensoorlog het geen helde gelewer nie, het Alexander Strachan opgemerk, en die huidige klimaat vra ook nie daarna nie. Hierteenoor het 
die Bloemfonteinse letterkundige Hennie van Coller   opgemerk dat van die jongste Afrikaanse prosa aanduidings gee van 'n konteks waarin 
helde ingeskryf kn word. Sy kollega Mabel Erasmus   het hierby aangesluit en ges heling vra meer as 'n staar na die donkerte in die eie 
hart. Vir die heroese is daar ook plek. Wat sy egter veral beklemtoon het, is dat daar geleentheid gebied moet word vir ware dialoog, vir 
'n gesprek waarin slagoffers van beide kante met erns na mekaar kan luister. Met hierdie uitdaging is die simposium afgesluit. Prof. Chris 
van der Merwe   is verbonde aan die Departement Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Kaapstad. Francois Smith   is 
joernalis en nagraadse student in die Neerlandistiek.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5417.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

